REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


DEBATTE
VAN DIE
PARLEMENT VAN DIE
PROVINSIE WES-KAAP
(HANSARD)

DERDE SESSIE - TWEEDE PARLEMENT
VAN DIE PROVINSIE WES-KAAP

Die teken * dui 'n vertaling aan. Die teken , waar dit later in dieselfde toespraak gebruik word, dui die oorspronklike taal aan.

	DINSDAG, 6 FEBRUARIE 2001	1991	

VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 11:45 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE-kyk bl 2008.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE-kyk bl 528.

NUWE LEDE

(Aankondiging)

Die SPEAKER: Orde! Ek kondig aan dat vakatures in die verteenwoordiging in die Huis ontstaan het weens die bedanking van me F J Adams met ingang van 25 Oktober 2000 en mnr P J Marais met ingang van 5 Desember 2000.

Ek kondig verder aan dat die vakatures gevul is deur die benoeming deur die NNP van mnr C R Redcliffe en mnr D M Malatsi onderskeidelik.

EED

Mnre D M Malatsi en C R Redcliffe, begelei deur mnr R J King en me A Rossouw, l die eed af en neem hul sitplekke in.

Die SPEAKER: Orde! Ek moet die Huis meedeel dat vandag, Dinsdag, 6 Februarie 2001 om 11:45, ingevolge Rel 12(1) van die Reglement as die datum en tyd vir die Opening van die Provinsiale Parlement bepaal is. Ek bied nou aan die agb Premier die geleentheid om die Huis toe te spreek.
OPENINGSREDE VAN PREMIER

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek wil al ons geerde gaste vandag hier verwelkom. Ek wil graag iemand baie spesiaal uitsonder, my vader. Hy is 84 jaar oud, en ek is bevoorreg dat hy steeds my mentor is. Ek dank hom daarvoor.

Mnr die Speaker, laat my begin deur alle agb lede van die Provinsiale Parlement 'n baie gelukkige en suksesvolle nuwe jaar toe te wens. Ek wil 'n spesiale verwelkoming rig aan ons nuwe Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding, mnr David Malatsi, wat so pas ingesweer is, sowel as aan mnr Charles Redcliffe. Ek verwelkom hulle tot beide die Provinsiale Regering en Provinsiale Parlement. Ek is vol vertroue dat die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding 'n positiewe bydrae tot die werk van die Regering en tot die lewensgehalte van al die mense van die Wes-Kaap sal maak. Ek kan hom verseker dat hy hom aangesluit het by 'n uitstekende span wat goed presteer. Die koalisie bestaan 18 maande, en is nie net flink aan die gang nie, maar kry momentum! Regerings word aan hulle dienslewering gemeet en, vergeleke met soortgelyke regerings, vaar ons uiters goed.

Ek wil ook my dank uitspreek teenoor die Burgemeester van Kaapstad, mnr Peter Marais, vir die werk wat hy as 'n lid van hierdie Regering gedoen het. Ek sien uit na 'n sterk, samewerkende verhouding met hom in sy nuwe hoedanigheid as Burgemeester, soos ons saam werk om te verseker dat die toekoms van Kaapstad en die Wes-Kaap blinker en beter is as in die verlede.

Ek wil ook graag al die deelnemers aan die Openingsplegtigheid vanoggend bedank vir hul bydrae. Hulle het waardigheid en luister aan die verrigtinge verleen. Ek dra my opregte dank oor aan die koor, die kinders, die orkes, die gemeenskapspatrolleringsbeamptes (GPBs), die verkeerspolisie, die toerismeverteenwoordigers en my personeel wat vir al die organisasie verantwoordelik was.

*Ek wil ook elke staatsamptenaar bedank wat oor die afgelope jaar hard gewerk het om die mense van ons provinsie te dien. Onderwysers, dokters en verpleegsters is maar 'n paar kategorie van toegewyde staatsamptenare sonder wie daar geen dienslewering aan die mense kan wees nie. Namens al die mense van ons provinsie bedank ek elkeen wat 'n positiewe bydrae gelewer het.

Dan, 'n spesiale woord van dank aan die Direkteur-generaal van hierdie Provinsie, dr Niel Barnard, wat die Provinsie met 'n deskundigheid lei en bestuur wat min mense kan ontken.

Ons vergader vandag hier teen 'n nasionale agtergrond van stygende werkloosheid, wydverspreide armoede, hardnekkige ho misdaadvlakke en die snelle verspreiding van MIV/Vigs. Ons vergader ook in die wete dat die vertroue en geloof van die publiek in baie van die politieke leierskap van ons land vinnig aan die afneem is. Die Wes-Kaap staan teen hierdie somber agtergrond uit as 'n wreldklas gemeenskap.

Suid-Afrika eis deursigtige, korrupsievrye regering. Ons mense eis tereg integriteit van politieke leierskap. Hulle wil leiers h waarin hulle kan glo. Dit is ons plig om aan die mense van die Wes-Kaap sulke leierskap te verskaf en ons is bedag op hierdie verpligting in alles wat ons onderneem.
Ons visie is van 'n veilige, welvarende provinsie waarin niemand agtergelaat word nie, en waar elke burger toegang het tot die geleentheid om die gehalte van sy of haar lewe te verbeter. Geleentheid moet volgehoue ontwikkeling ten grondslag l. Dit kan slegs bereik word in 'n konteks van veiligheid en op 'n grondslag van toenemende welvaart. Dit is waarom die verskaffing van sekuriteit en 'n omgewing waarin die sakewreld groei en werkgeleenthede kan skep ons program van aksie ten grondslag moet l.

Ons visie is ook van 'n provinsie waarin elke burger werklik tuis voel. Baie is in sekere kringe ges oor hoe sommige van ons mense op grond van hul ras uitgesluit voel uit die provinsie. Laat my baie duidelik hieroor wees: ek is die Premier van al die mense van die Wes-Kaap. Laat my dit herhaal. Ek is die Premier van al die mense van die Wes-Kaap. Daar is nie een mens in ons provinsie wie se bekommernisse nie my bekommernisse is nie. Daar is nie een mens in ons provinsie wie se aspirasies ek nie alles in my vermo sal doen om te bevorder nie.

Ek aanvaar nie dat dit vir die mense van die Wes-Kaap nodig is om verdeeld te wees oor die groot kwessies wat ons almal in die gesig staar nie. Almal stem beslis nie vir dieselfde party nie, en dit is soos dit moet wees. Niemand - en ek herhaal, niemand - maak nie saak watter party hulle steun nie, hoef egter ooit te voel dat hierdie Regering iets anders is as 'n helpende hand in hul reis deur die lewe nie.

Ek het die volste vertroue dat die beleidsrigtings en die programme van hierdie Regering my verbintenis hiertoe bevestig, net soos die sukses van ons interne Transformasie 2000-program. Die senior bestuur van die Provinsie weerspiel nou op 'n bre vlak die mense van ons provinsie. Dit is 'n beduidende prestasie. Ons het gewys dat billikheid en voortreflikheid hand aan hand kan gaan en dat bemagtiging tot beter regering aanleiding kan gee. 'n Spesiale woord van dank aan die Leier van die Huis en Minister van Behuising, wat nou ook vir Korporatiewe Dienste verantwoordelik is. Hy het Transformasie 2000 geet, gedrink en geslaap, en die proses gebring tot waar dit nou is. Ek dra my opregte dank en hartlike gelukwense aan hom oor!
 
Ek doen 'n beroep op agb lede aan beide kante van die Huis - laat ons instem om saam te werk om die Wes-Kaap uit te bou. Laat ons nie ras gebruik as 'n middel om te verdeel nie. Laat ons eerder ons gemeenskaplike doel as 'n katalisator vir rasse-eenheid gebruik. As ons as leiers ons nie daartoe kan verbind nie, laat ons die mense in die steek wat ons gekies het om hulle te dien, ons ek beklemtoon dat dit die mense is "wat ons gekies het om hulle te dien".

In dieselfde trant is dit ons plig as 'n provinsiale regering om met die ander regeringsvlakke saam te werk in die nastrewing van ons visie in die Wes-Kaap. Ons het 'n spesiale geleentheid om nou met die Stad Kaapstad saam te werk. Dit is 'n kwessie van gesonde verstand dat ons dit moet doen tot voordeel van die mense van hierdie grootse stad. Ek verbind ons Regering dus nou tot sodanige samewerking.

Die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning deel hierdie visie van samewerkende regering en, met sy grondige begrip van plaaslike regering, sal hy behulpsaam wees met die smee van blywende vennootskappe met plaaslike owerhede. In die loop van die volgende jaar sal gesamentlike projekte en strategie ondersoek en aangekondig word.

Regerings kan nie die areas van verantwoordelikheid wat hulle wil aanvaar, kies en keur en die res ignoreer nie. Die Regering van die Wes-Kaap moet en kom wel sy verpligtinge na ten opsigte van elke terrein wat die Grondwet van ons vereis om te doen. Dit is egter vir die Regering noodsaaklik om te prioritiseer.

Omdat ek twee jaar lank die Minister verantwoordelik vir die veiligheidsportefeulje was, l die veiligheid van ons mense my na aan die hart. Dit is ook die eerste prioriteit van die Wes-Kaapse Regering.

Oor die afgelope jaar het die Minister van Gemeenskapsveiligheid gaandeweg 'n sterk koalisie van magte teen misdadigers en hul misdade begin opbou. Ons benadering is om met die nasionale Regering, al die wetstoepassingsagentskappe, die privaatsektor, nie-regeringsorganisasies en die brer gemeenskap saam te werk om ons strate terug te neem en die huise van die mense van ons provinsie te beveilig.

Oor die afgelope jaar is die geweld in die vervoerbedryf onder beheer gebring, en ek bedank die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning vir die sleutelrol wat hy gespeel het om hierdie probleem op te los. Ons beloning van R1 miljoen is betaal vir inligting wat die skuldiges aan die man gebring het. Weer eens, wanneer hierdie Regering 'n belofte maak, kom hy daardie belofte na. Ons sal voortgaan met hierdie inisiatief in die belang van die veiligheid van ons mense.

Insgelyks, deur die goeie werk van die SAPD en ander, is diegene wat na bewering verantwoordelik is vir die bomontploffings wat ons stad geteister het, gearresteer en voor die hof gebring. Die bomontploffings het opgehou, hoewel ons waaksaam bly en gereed is om ten alle tye op te tree.

Die Gemeenskapspatrolleringsbeampteprogram, waarin die Regering 'n vennoot is, het die misdaadvlak in gebiede regoor die Stad Kaapstad beduidend laat afneem. Teen die einde van verlede jaar het ons hard en suksesvol die stryd gevoer om te verseker dat hulle toegelaat word om met hulle goeie werk voort te gaan, en ons is geerd deur hul deelname aan vanoggend se seremonie.

Mnr die Speaker, ondanks al ons suksesse moet ons deurgaans waaksaam bly en ons pogings verder verskerp. Die Ministerie vir Gemeenskapsveiligheid sal voortgaan om met groter ywer misdaad in die provinsie te bekamp. Drie prioriteite is in hierdie verband vir die huidige jaar gedentifiseer.

*Die eerste van die drie misdaadbekampingsprioriteite is 'n munisipale polisieteenwoordigheid. In vennootskap met die Stad Kaapstad en ander plaaslike owerhede wat daartoe verbind is, sal ons die totstandkoming van 'n munisipale polisieteenwoordigheid in die stad en in dorpe dwarsoor die provinsie verseker.

In die tweede plek ontwikkel ons 'n omvattende strategie om bendegeweld wat dele van ons provinsie teister, hok te slaan. Dit word natuurlik in noue samewerking met al die betrokke wetstoepassingsagentskappe gedoen.

In die derde plek sal ons kapasiteit en spierkrag aan ons provinsiale verkeersdiens gee om te verseker dat ons paaie veilig en toeganklik vir almal bly.
Deur die implementering en toepassing van hierdie belangrike inisiatiewe kan en sal ons 'n verskil maak!

Ons tweede prioriteit is om ekonomiese groei te bevorder. Ons teiken is sektore wat groei, sowel as di wat werkgeleenthede sal behou en meer sal skep. Ekonomiese ontwikkeling is een gebied waarop samewerking met die Stad Kaapstad belangrike resultate vir ons almal kan oplewer.

In die besonder is daar nou 'n geleentheid om ons benadering tot die bevordering van toerisme te integreer. 'n Mens kan s dat toerisme in 'n sekere mate vandag vir die Wes-Kaap is wat goud 100 jaar gelede vir Johannesburg was. Die bevordering van toerisme is dus een van die twee sleutelmaniere waarop ons die ontwikkeling van die provinsiale ekonomie kan aandryf. Die agt toeristegebiede in die provinsie wat vanoggend in ons Openingseremonie verteenwoordig is, simboliseer ons verbintenis hiertoe. Ek bedank hulle vir hul geesdrif. Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme sal nou met die streke saamwerk om hierdie provinsie 'n internasionale nommer een bestemming te maak.

In samewerking met plaaslike regering en die privaatsektor is ons besig om die totstandkoming van 'n enkele bemarkingsagentskap vir toerisme in die provinsie te ondersoek. Ons nuwe internasionale vennoot, die Staat Kaliforni, stel 'n uitstekende voorbeeld van hoe gekordineerde en vasberade bemarking inkomste en plaaslike werkgeleenthede kan skep, en dit sal ons goed te staan kom om daardie voorbeeld ter harte te neem.

Ons doelwit is om die Wes-Kaap meer verwelkomend, gewilder en baie lekkerder as ooit tevore te maak. Ek is bly om te sien dat ons daarmee slaag. Nie net is ons Europese, Amerikaanse en Oosterse toeristehandel aan die toeneem nie, maar ons kry ook al hoe meer besoekers van die Afrikakontinent. Verlede jaar het ons 428 000 besoekers aan die Wes-Kaap uit Afrika gehad - dit was 'n toename van 23 000 vergeleke met die jaar vantevore. Ons laat ook ons handel met Afrika toeneem. Twee jaar gelede het ons uitvoere van die Wes-Kaap aan die res van Afrika 'n totaal van R1,375 miljard beloop - 'n jaar later het ons dit met nog R150 miljoen laat toeneem, en hierdie syfer word steeds groter.

Die bevordering van die klein- en mediumgrootte sakebedryf is die tweede sleutelstrategie vir die bevordering van ekonomiese groei en werkgeleenthede in die provinsie. Die voorbeeld van Kaliforni is insiggewend. Die entrepreneursgees gekoppel met toegang tot kapitaal is die sleutel. 'n Ander goeie internasionale voorbeeld, Ierland, toon hoe gekoppelde programme - deur buitelandse beleggers saam met plaaslike klein sakeondernemings te plaas - indrukwekkende resultate kan oplewer. Ons is vasbeslote om die sukses van ons onlangs geloodse Uitvoerontwikkelingsprogram met die Sake en Nywerheidskamer hier in Kaapstad te verseker. In dieselfde trant sal ons nuwe Kaapse Vervaardigingsadviessentrum gebruik word om klein en medium sakeondernemings dwarsoor die provinsie by te staan en te ontwikkel.

Afgesien van hierdie inisiatiewe, het ons ook besluit om 'n Wes-Kaapse belangekantoor binne die Europese Unie te stig. Die doel is om toerisme en die produkte van ons provinsie in die Unie en elders oorsee te bemark. Deur middel van hierdie inisiatief is ons van plan om die Wes-Kaap nouer en winsgewender met die res van die wreld te verbind.
Die besluit om 'n belangekantoor te vestig, is voorafgegaan deur deeglike navorsing en die bou van verhoudinge met verskillende Europese streke. Ook het ons lidmaatskap verkry van die Vereniging van Europese Streke. Di lidmaatskap van spesiale gastestatus is verkry na my besoek aan die Algemene Jaarvergadering van die Vereniging in Lyon in Desember 1999. Die Wes-Kaap en Quebec is die enigste streke buite Europa wat lidmaatskap van hierdie belangrike vereniging gekry het. Dit was 'n geleentheid wat ons met albei hande aangegryp het.

*Ons derde prioriteit is om MIV/Vigs met elke middel tot ons beskikking te beveg. Die kwessie van MIV/Vigs is van sulke groot belang vir hierdie Provinsie dat ek 'n Adjunkdirekteur-generaal: Spesiale Projekte aangestel het om op ons MIV/Vigs-strategie te fokus en om beheer oor te neem van die verwante stryd teen TB. Daarbenewens het die agb Minister van Gesondheid oorsee gegaan om bekostigbaarder medisyne te vind.

Die Wes-Kaap het die leiding geneem met die voorkoming van die oordrag van MIV/Vigs van MIV-positiewe moeders aan hul kinders. Ons verwelkom nou die tussenkoms van die nasionale Minister van Gesondheid wat twee toetsterreine in elk van die ander provinsies goedgekeur het.

By hierdie terreine sal Nevirapine gebruik word om die moeder-tot-kind-oordrag van MIV/Vigs te voorkom. Die toetsresultate sal noukeurig gemoniteer word en die ander agt provinsies het onderneem om saam voort te gaan wanneer die data van die toetsterreine vergelyk en geanaliseer is. Die Provinsie het die Guguletu Daghospitaal en die Paarl Hospitaal as die twee terreine gekies waar ons Nevirapine sal resepteer.

Ooreenkomstig die versoek van die nasionale Gesondheidsministerie sal ons alle vasgelegde data aan hulle aanstuur. Ng ons bestaande program, ng die uitbreiding na nuwe gebiede wat verlede Augustus aangekondig is, moet egter deur die toetsterreinprogram in die gevaar gestel word. Ons verkies om nie gebind te word deur enige beperkings wat ingestel kan word op die ander provinsies wanneer die toetstydperk voltooi is nie. Ons uitstekende program om moeder-tot-kind-oordrag van MIV/Vigs te voorkom, sal dus in plek bly, en AZT sal steeds gebruik word sodat dit met Nevirapine vergelyk kan word.

Mnr die Speaker, ek glo dat ons provinsie eintlik verby die fase van navorsingsterreine is, maar in die belang van samewerking met die nasionale Departement van Gesondheid sal ons voortgaan om data by te dra en die bystand te verleen wat ons kan. Trouens, ons sal die Unistad en ander munisipale owerhede nader met die oog daarop om die programme om moeder-tot-kind-oordrag van MIV/Vigs te voorkom, te versnel. Ons hoop om teen die einde van die jaar baie verder te wees as die ses bykomende terreine wat beplan word. Ek bedank die agb Minister van Gesondheid en sy departement vir al die werk wat hulle gedoen het.

Die Provinsiale Vigsraad van die Wes-Kaap sal later vandeesmaand sy eerste vergadering hou. Die doel is om samewerking te bevorder tussen die Provinsiale Regering en verskeie ander sektore wat in die stryd teen MIV/Vigs betrokke is, want dit is slegs moontlik om werklik vordering teen die MIV/Vigs-pandemie te maak indien ons dit as 'n nasie doen. Die raad neem oor van die Interministerile Komitee, wat op so 'n bekwame wyse deur my kollega mnr Peter Marais, nou die Burgemeester van die Stad Kaapstad, gelei is. Weer eens, my dank aan hom.
Ons vierde prioriteit is om nog meer te fokus op plattelandse ontwikkeling. Ek gee graag erkenning aan die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke vir sy inisiatiewe en deursettingsvermo om plattelandse ontwikkeling stewig op die Provinsie se prioriteitslys te plaas.

Ons mag nie toelaat dat ons plattelandse bevolking agterbly terwyl die res van die bevolking van die provinsie vorentoe beweeg nie. Ons moet veral geleenthede vir plaaswerkers en hul kinders skep, en ons moet te alle tye verseker dat ons plase produktief en winsgewend bly. Met hierdie doel voor o het ons 'n taakspan aangestel om 'n omvattende plattelandse ontwikkelingsbeleid op te stel. 'n Werkskeppingsoudit sal in plattelandse gebiede gedoen word vir die opstel van 'n ontwikkelingsbeleid.

Ons moet weer eens nie uit die oog verloor dat plattelandse ontwikkeling en implementering in samewerking met plaaslike owerhede beplan moet word nie. Ek doen 'n beroep op leiers in plaaslike rade om met die Provinsie saam te werk in ons poging om geleenthede vir plattelandse gebiede te skep. So ook sal Wesgro en Lanok betrek word in die beleid- en ontwikkelingsproses. Dieselfde geld vir plattelandse gemeenskappe.

*Ten slotte het die Provinsiale Regering besluit om 'n skoonmaakveldtog aan te voer wat daarop gemik is om die fisiese omgewing waarin ons mense leef, te verbeter. Voorstelle word geformuleer om te verseker dat die skoonmaakproses 'n sukses is. Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake sal die skoonmaakveldtog lei, maar ons het die deelname van verantwoordelike, begaande burgers nodig. Die Provinsiale Regering verbind hom daartoe om die leiding te neem met die skoonmaak van die provinsie, maar sukses hang van die geesdriftige deelname van ander af. Dit is nog 'n gebied waarop samewerking tussen die Provinsie en plaaslike owerhede resultate kan oplewer. Dit is ook 'n gebied waarop sakeondernemings 'n belangrike rol kan speel. Laat ons saam die Wes-Kaap die skoonste, aantreklikste omgewing in Suid-Afrika maak.

Mnr die Speaker, terwyl ek die klem in hierdie Rede op die vyf sleutelprioriteite van die Regering oor die volgende jaar plaas, is ek hoegenaamd nie onbewus van die uitstekende werk wat op ander gebiede deur die Regering en sy Administrasie gedoen is nie. Die rekord van die Departement van Behuising en die agb Minister van Behuising is welbekend. Ons het projekte goedgekeur wat baie meer uitgawe behels as die fondse wat deur die nasionale Regering aan ons beskikbaar gestel is en ons verwag om voort te gaan om die lewering van behuising uit te brei sover as wat die befondsing dit moontlik maak.

Eweneens bly ons boaan die punteleer in onderwys en teken weer eens die hoogste matriekslaagsyfer in die land aan - 80,6%. Ons moet steeds verbeter, maar daar moet onthou word dat dit makliker is om 'n slaagsyfer van 50% te verbeter as wat dit is om 'n slaagsyfer van 80% te verbeter.

Ek weet dat die agb Minister van Onderwys haar nie 'n selfvoldaanheid oomblik toegelaat het nie. Sy en haar departement werk onverpoos om steeds die gehalte van onderwys in ons provinsie te verbeter. Oor die afgelope jaar het ons ons aansien as 'n doeltreffende lewering-ingestelde regering versterk.

Ek het ons oorhoofse onderwysstelsel genoem, maar kyk na ons fiskale dissipline, minimale korrupsie en leweringsukses in departemente, soos Gesondheid, Gemeenskapsveiligheid, Vervoer en Besigheidsbevordering, sowel as Toerisme. Ons lewering het die aansien van die Wes-Kaap as 'n stabiele en suksesvolle provinsie verhoog. Dit is dus geen verrassing nie dat die afgelope jaar gekenmerk is deur die inwerkingstelling van groot nuwe beleggingsprojekte en infrastruktuur. Ek noem bloot Canal Walk, GrandWest, Spier, uitbreidings by die lughawe, sowel as beduidende vordering met betrekking tot die Konvensiesentrum, en nuwe ontwikkeling by die V & A Waterkant, met inbegrip van die Roggebaai-kanaal. Dit is projekte wat miljarde rand werd is, wat duisende werkgeleenthede skep. Trouens, 23% van alle werkgeleenthede wat verlede jaar in die land geskep is, was in die Wes-Kaap. Dit is byna 'n kwart van die werkgeleenthede wat geskep is.

Mnr die Speaker, ek het kortliks oor ons suksesse gepraat en het gewaarsku teen selfvoldaanheid. Ek het oor kwessies soos Vigs, werkloosheid, armoede, rassisme en samewerking op plaaslike regeringsvlak gepraat en het vir positiewe insette van ons opposisie gevra. Nou, ses jaar na die aanvang van demokrasie in ons land word ons politiek gekenmerk deur die vermo van regering dwarsoor die land om hul kant te bring.

Hierdie Regering is daartoe verbind om 'n regering te wees wat geleenthede skep en 'n beter lewensgehalte aan al die mense van die Wes-Kaap bring. Ek glo dat ons suksesse van die verlede en toekomsplanne van ons verbintenis hiertoe getuig. Die pad vorentoe sal nie maklik wees nie. Dit is duidelik dat die Provinsie Wes-Kaap, met kwynende begrotings en 'n groeiende bevolking, baie uitdagings in die gesig staar. Maar met God se leiding glo ek werklik dat hierdie Regering en al die mense van die provinsie goed op pad is om ons visie te verwesenlik - 'n visie wat onlangs nagepraat is deur niemand anders nie as ons VK-besoeker, mnr Peter Hain - om hierdie provinsie die gesogste provinsie te maak om in te werk, in te leef, in te leer, te besoek en om sake mee te doen. [Toejuiging.]

*Die SPEAKER: Orde! Ingevolge Rel 13 sal die Openingsrede deur die Sekretaris op die Ordelys geplaas word vir debat van mre af. Dit is 'n gepaste tyd om verrigtinge tot 15:00 op te skort. Ek doen 'n beroep op agb lede om staande te bly terwyl die optog die Huis verlaat.

WERKSAAMHEDE OPGESKORT OM 12:25 EN HERVAT OM 15:00.

TWEEDE WES-KAAPSE AANSUIWERINGS-
BEGROTINGSWETSONTWERP [W13-2000]

(Debat oor Tweede Lesing)

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek wil ter aanvang vir die lede van die Staande Komitee oor Finansies hartlik bedank vir die manier waarop hulle aan die SKOF-vergaderings deelgeneem het. Dit was werklik 'n wonderlike ervaring om te sien dat SKOF sy pad so loop. Ek het later begin wonder wanneer ons op die ruwe pad gaan beland, maar die pad het gelyk gebly.

Meneer, vervolgens wil ek die personeel van die departemente bedank wat so goed voorbereid was. Hierdie keer het die prosedure anders verloop. Die personeel het nie weer buite op ons gewag nie, ons het op hulle gewag.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr N M ISAACS: Dit wys wat 'n formidabele span ons is. [Tussenwerpsels.] 

Mnr die Speaker, ons was gesend omdat ons nie die ander skape ook by ons gehad het nie. Ons kon dus die werk doen wat die Parlement van ons verwag om te doen.

Die verslag wat ons uitgebring het, het ons eenparig aanvaar. Ek wil dit graag onder die aandag van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme bring dat daar 'n mate van ontsteltenis by die komiteelede was oor die voortdurende oorrol van fondse. Dit begin al 'n soort styl aanneem deurdat fondse jaar na jaar oorgerol word. Die staande komitee het sy kommer uitgespreek oor die voortdurende oorrol van fondse. Ons versoek die departemente om die oorrol fondse tot 'n punt te dryf, sodat dit nie net oorrol fondse bly nie.

'n Ander punt wat ons graag wou bespreek, was die R10 miljoen wat aan Armoedebestryding toegeken is. As gevolg van die feit dat Armoedebestryding nog nie 'n besigheidsplan het nie en dat die fondse vir die Armoedebestrydingsprogram na Begrotingspos 1 oorgeplaas is, kon ons dit nie bespreek nie. Ons sal egter in die volgende lopie definitief daaraan aandag skenk.

Die staande komitee het hom ook daaroor uitgespreek dat ons nie die besonderhede van Begrotingspos 2 - Provinsiale Parlement, voor ons gehad het nie. Ek dink egter die terugvoer wat ons gaan ontvang, is dat SKOF nie langer Begrotingspos 2 gaan bespreek nie. 

*Begrotingspos 4 - Gemeenskapsveiligheid, het deurgegaan. Die staande komitee het egter hul kommer met betrekking tot Projek Chrysalis en verwante aangeleenthede uitgespreek. Wat dit betref, ons sal beslis aan Projek Chrysalis aandag skenk.

Wat betref Begrotingspos 5 - Onderwys, kan ek nie begryp waarom Onderwyspersoneel slegs twee minute in die SKOF-vergadering deurgebring het nie. Trouens, teen die tyd dat die Onderwyspersoneel hulle daar bevind het, was dit tyd vir hulle om te gaan. Ek kan egter vir agb lede s dat dinge tot op daardie tydstip baie goed gegaan het.

Met betrekking tot Begrotingspos 1 - Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste, sal ondersoeke gedoen moet word. Sekere oneerlike optredes sal opgevolg word en daardie verslae sal beslis beskikbaar gestel word.

Wat betref Begrotingspos 7 - Maatskaplike Dienste, dit is jammer dat ons dit iewers langs die pad weer gaan tekom, en dat die verlaging van die kindertoelae en die opskorting van sekere toelaes in 'n politieke debat gaan ontwikkel. Uit wat die Direkteur, me Petersen, ges het, verstaan ek dat iets in die plek daarvan gestel sal word. Ek hoop en vertrou dat ons op so 'n manier die behoeftige mense in die gemeenskap verder kan help.

Met betrekking tot Begrotingspos 8 - Beplanning, Plaaslike Bestuur en Behuising, bly die vraag: hoeveel vordering is met behuisingslewering gemaak? Die voorsiening van behuising sal nooit tot 'n einde kom nie; ons weet dit is iets wat vir altyd met ons sal wees.

Die volgende begrotingspos is Begrotingspos 9 - Omgewing- en Kultuursake. Ons weet almal is haastig met die programme en projekte wat hulle voorstel. Ek moet die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake gelukwens. Hy het by sy span gestaan. Hy het ons ook daarop attent gemaak dat die groot probleem is dat almal altyd hul program of projek eerste op die prioriteitslys wil h. Ek is een van die sondebokke. Ek het in die agb Minister se nek geblaas oor 'n projek wat ek deurgesien wou h. Ons kan niks daaraan verander nie, want ons moet ontwikkel en werk skep. Ek vra hom om geduldig te wees wanneer al hierdie versoeke om voorkeur instroom. Ek wil hom ook bedank vir sy geduld.

Die laaste begrotingspos is Begrotingspos 10 - Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme. Mnr die Speaker, baie van wat die agb Premier vandag in sy Openingsrede genoem het, het ons 'n aanduiding gegee van hoe ons begroting in die toekoms daar gaan uitsien.

Mnr die Speaker, ek glo dat SKOF die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp, 2001, sonder enige probleem gaan aanvaar. Ek stel so voor.

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, hoewel die Voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies 'n goeie sessie gehad het, is ek nie seker of hy sy rooskleurig getinte bril opgesit het nie, maar ek sal nou-nou daarby kom.

In die eerste plek wil ek graag die agb Premier 'n gelukkige 60ste verjaardag toewens en hoop dat hy nog baie het, selfs al is sommige daarvan vanuit die opposisiebanke. [Gelag.] In die tweede plek wil ek graag al die ander 'n voorspoedige en goeie nuwe jaar toewens.

Ek wil ook graag die amptenare, gelei deur mnr Ismay - of is dit dr Ismay - vir hul uitstekende werk bedank, en die mate waarin hulle die LPPs bemagtig om die nuwe nasionale wetgewing, met inbegrip van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies, aan te pak.

Mnr die Speaker, SKOF het 'n onpartydige ooreenkoms bereik om sy besorgdheid uit te spreek oor die oorrol fondse wat voortdurend toeneem. Maar ek dink die probleem is baie ernstiger as dit. Laat my 'n voorbeeld gee. Die Grondwet van die Wes-Kaap is in Januarie 1998 aanvaar. Ons praat nie net van die bedrae van die oorrol fondse nie, maar die duur van oorrol fondse. Daar is in die Grondwet vir 'n omgewingskommissaris voorsiening gemaak. Die fondse is drie jaar lank oorgerol. Soos ons weet, het die DP baie hard gestry dat daar vir 'n omgewingskommissaris in die Grondwet voorsiening gemaak moet word. Na die 1999-verkiesing het die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake hierdie bepaling 'n prioriteit in sy program gemaak wat hy aan die Huis voorgel het om te verseker dat die Grondwet, wat aanvaar is, in werking gestel is. Nou, in Februarie 2001, het SKOF nog steeds met die oorrol fondse op hierdie item te doen.

Mnr die Speaker, maar dit is meer as dit. Die agb Minister - en ek wil hom bedank dat hy na SKOF toe gekom het - het ges dat die voorstelle oor die omgewingskommissaris aan die Kabinet voorgel is. Dank die hemel dat dit uiteindelik in der waarheid in die jaar 2000 of 2001 gebeur het, maar ons word nou ingelig dat die Kabinet nie die voorstelle aanvaar het nie en dat dit na die beplanningsdepartement verwys is. Dit het gebeur drie jaar na die aanvaarding van die Grondwet.

Mnr die Speaker, dit het gebeur teen die agtergrond van 'n paar dinge. Ons almal weet hoe belangrik die omgewing in die Wes-Kaap is, en ons is dus almal bewus van die belangrikheid van 'n omgewingskommissaris. Dit is nie net teen 'n agtergrond waar die fyn besonderhede van die voorstelle oor die omgewingskommissaris nog nie aan SKOF voorgel is nie, dit is nog nie in die Huis ter Tafel gel of aan die publiek gestel nie. Daar was geen openbare verhore oor hierdie aangeleentheid nie, maar SKOF moet voortdurend tot die oorrol van hierdie fondse toestem. Is dit deursigtige, oop regering? Ek wil my verstout om te s dat dit nie is nie.

Hierdie kant van die Huis dring daarop aan dat die agb Minister en die agb Premier 'n verklaring aan die publiek van die provinsie uitreik waarom een van die aangeleenthede van kernbelang drie jaar na die aanvaarding van die Grondwet van die Wes-Kaap nog nie die lig gesien het nie en nog nie in die provinsie gedebatteer is waar die bewaring van die omgewing 'n kwessie van lewe en dood vir toekomstige geslagte is nie.

Mnr die Speaker, met betrekking tot Begrotingspos 6 - Gesondheid, wil ons die agb Minister van Gesondheid daaraan herinner dat SKOF 'n volledige verslag oor die tender vir die gesondheidsinligtingstelsel versoek het. Daardie verslag is nog nie aan SKOF voorgel nie. Ek het verlede jaar in die Huis ges dat daar bewyse is dat iets verkeerd is. Ons wil die besonderhede h van wat verkeerd is, en ons gaan dit nie daar laat nie. Daar is ernstige probleme met betrekking tot die tenderproses. Daar is ook ernstige probleme met betrekking tot die feit dat ons gevra word om oorrol fondse tot die bedrag van byna R8,4 miljoen goed te keur, terwyl daar in der waarheid 'n ernstige probleem met die voorkeur diensverskaffer is, wat nie in staat is om by die terme en voorwaardes van die tender te bly nie. Daar is ook ander probleme met betrekking tot die oorrol van fondse vir Olimpiese projekte en een of twee ander.

Mnr die Speaker, ons steun die Tweede Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp, met die baie ernstige voorbehoude wat ek uitgespreek het. Ons sal nie hierdie kwessies laat vaar nie; ons sal die Huis en SKOF aan hierdie baie belangrike aangeleenthede herinner.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die agb Premier met sy 60ste verjaardag geluk te wens. Ek wil hom ook gelukwens met 'n baie goeie Openingsrede vanoggend, wat ek seker is ons sal geniet om oor die volgende paar dae te debatteer.

Ek wil ook my waardering en dank uitspreek teenoor die personeel van die departemente en die hoofde van departemente en Ministers wat hul departemente vergesel het na die SKOF-beraadslagings oor die afgelope paar dae, en veral die komiteelede wat die beraadslagings baie effektief en doeltreffend hanteer het. Ek bedank die uiters bekwame voorsitter van daardie verrigtinge.

Mnr die Speaker, enige analise van die begrotingspos waarmee ons vandag te doen het, moet twee besondere kwessies in aanmerking neem. Een is 'n kwessie waarna daar reeds vantevore verwys is, die ho verhouding van besteding met betrekking tot die oorrol van fondse in hierdie Begroting. Bykans 45% van wat ons begroot is in werklikheid oorrol fondse. Dit is iets waarna die staande komitee in sy verslag verwys het. Dit is ook deur die voorsitter en die agb lid mnr Strachan genoem. Ek is seker dat die departement daarvan kennis sal neem.

'n Ander aangeleentheid wat ek wil opper, is die bedrag van sowat R37 miljoen wat aan Sita vir die betaling van rekeninge toegewys is. Ons het 'n aantal verduidelikings gehoor oor waarom hierdie geld nodig is, en van die rekeningstelsels wat vereis het dat 'n bedrag soos R37 miljoen in hierdie stadium aan Sita bestee word. Ek hoop dat die Departement van Finansies nou self die rekeningstelsel uitgeklaar het wat tot hierdie baie ho uitgawe in hierdie boekjaar aanleiding gegee het.

Ek begryp die probleme wat daar was, en die departement het uitvoerig verduidelik hoe hierdie probleme ontstaan het. Ek glo egter dat daar steeds 'n paar grys gebiede is oor of die dienste wat ons van Sita ontvang het, in der waarheid voldoende was, of dit behoorlik geouditeer is, of ons waarde vir ons geld kry en of hulle die regte rekenings aan ons stuur en die regte rekenings in die toekoms aan ons sal stuur. R37 miljoen is 'n baie groot bedrag geld, en ek hoop dat hierdie aangeleentheid in die nabye toekoms opgeklaar sal word. Ek weet dat dit voortdurend in die agb Minister se gedagtes is.

Mnr die Speaker, ek steun ook beslis hierdie Begroting. Dit was vir ons 'n interessante oefening met, natuurlik, die volgende een wat binnekort volg. Dit is uiters goed hanteer en dit is vir my 'n plesier om die Tweede Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp te steun.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek wil van die geleentheid gebruik maak om u, die agb Premier en alle agb lede alles van die beste vir vanjaar toe te wens. Ek glo dat dit 'n baie konstruktiewe jaar gaan wees en dat ons hard gaan werk.

Ek wil ook die agb Premier met sy 60ste verjaardag gelukwens. Ek is seker dat daar baie feesvierings sedert Sondag was. Ons wens hom en sy gesin Gods rykste sen toe. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, in die eerste plek wil ek mnr Ismay gelukwens met die oorname van die Hoofdirekteurskap terwyl dr Stegmann met studieverlof is. Hy het homself goed gekwyt van die taak om ons met betrekking tot die nuwe wetgewing, veral die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies, touwys te maak. Ons sien daarna uit om hom te steun tydens die begrotingsproses vir die res van die jaar.

Ek wil melding maak van twee aangeleenthede met betrekking tot die Tweede Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp. Die een is 'n kwessie van beginsel. Ons het 'n interessante opmerking gehad met betrekking tot die sittings van die staande komitee. Vir elke program of begrotingspos sal party departemente van 10 tot 15 amptenare bring, en die opmerking was dat dit interessant was om so baie mense te sien.

Hoewel ons vind dat dit belangrik is dat almal daar moet wees, het ek 'n probleem met die beginsel dat daar 25 mense in 'n vergadering oor 'n aansuiweringsbegroting moet sit, aangesien hulle inkom en letterlik vir twee minute lank sit en dan vertrek. Toe ek die Hoofdirekteur van Ekonomiese Sake met betrekking tot hierdie aangeleentheid gekonfronteer het, het hy ges dat die rede waarom hulle al die amptenare na die debat bring, is om hulle bloot te stel aan hoe die begrotingsproses werk, wat ek dink 'n baie eerbare antwoord was. Die vraag waarmee ek, met respek, sukkel, is dat wanneer ons kom by die vergaderings van die staande komitee oor die volle begroting, waar ons elke program sal deurgaan, dan is daar net drie amptenare wat voor ons verskyn. Ek glo dat die regte prosedure moet wees dat elke lid van die departement wat by die onderskeie programme betrokke is, by die begrotingsproses vir die hoofbegroting beskikbaar moet wees, en nie die aansuiweringsbegroting nie. Die rede is dat ons met die vergaderings oor die aansuiweringsbegrotings presies weet watter programme behandel gaan word, en om mense van ander programme te kry om daar te kom sit, en waardevolle tyd te gebruik, is nie, glo ek, aan te beveel nie. Miskien kan ons dit as 'n beginsel oorweeg.

Mnr die Speaker, ek wil twee aangeleenthede met betrekking tot oorrol fondse noem. Ek dink almal het daaroor gepraat. Begrotingspos 10 is die agb Minister se verantwoordelikheid, sowel as my verantwoordelikheid as voorsitter van die staande komitee, en ek veronderstel dit is die grootste oorrolling tot dusver - R127 miljoen. Ons praat dikwels in die Provinsie oor die rol van KMMOs en die belangrikheid van kleinsake. Ek is werklik bekommerd om te sien dat nog R180 000 oorgerol is, veral as 'n mens in ag neem dat die vervaardigingsadviessentrum nog nie tot wasdom gekom het nie. Dit is 'n program wat van kritieke belang vir die Provinsie is. Ons moet toesien dat daar op die KMMOs gefokus word, veral die toerisme-entrepreneurskapsprogram met 'n waarde van R290 000 wat ook nog nie ten volle geloods is nie. Dit is kritiek en noodsaaklik vir die Provinsie, maar hulle is twee jaar lank vertraag. Dit is dus vir ons belangrik om hulle te implementeer.

Dit is een ding om te s dat Olimpiese projekte van R5 miljoen oorgedra is, maar met die geval van enige projekte wat oorgedra word, is daar ook 'n rentefaktor wat ons in gedagte moet hou. Dit kan altyd die Provinsie ten laste l. Ons het wel 'n antwoord gekry met betrekking tot die R5 miljoen van Olimpiese projekte, dat die rentekoerse ten opsigte van die professionele mense vasgestel is en dat die boukontrakteurs nog nie betaal is nie, as gevolg van die regsgedinge wat steeds oor die vul van kontrakte gevoer word. Kan die agb Minister miskien nagaan om te sien of daardie koste vasgestel is en dat ons nie probleme met betrekking daartoe ondervind nie?

Ek weet dat die agb lid mnr Strachan my met betrekking tot die Capital Venture Facilitation Fund van R1,2 miljoen sal steun. Dit is 'n kritieke fonds. Ons weet baie min daarvan en ons wil sien dat dit gebruik word.

Mnr die Speaker, ek steun die Tweede Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp heelhartig.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Premier met sy Openingsrede vandag gelukwens. Ek is seker dat daar later meer vanuit hierdie bank daaroor ges sal word.

In die eerste plek wil ek die voorsitter en die komiteelede vir hul inset bedank. Ek was ongelukkig nie teenwoordig nie. Ek dink ek was weg, maar beslis nie in staat om teenwoordig te wees nie, anders sou ek daar gewees het. Ek is van plan om alle vergaderings later vandag by te woon vir solank as was ek moontlik kan. Ek wil hulle gelukwens met die wyse waarop die vergadering gevoer is. Ek dink dit was uiters konstruktief.
Daar is een aangeleentheid wat ek spesifiek wil behandel en wat deur al vier sprekers behandel is. Dit is oorrol fondse. In beginsel stem ek saam dat oorrol fondse baie fyn dopgehou moet word sodat die syfer nie elke jaar dramaties verhoog nie. 'n Mens moet groot sorg dra in daardie verband. Daar moet egter in aanmerking geneem word dat ons in hierdie bepaalde begrotingsjaar oor 'n bedrag van R135 miljoen praat. Ons het dit in Desember 2000 van casino's ontvang. Wanneer 'n mens dus na die oorhoofse bedrag kyk, glo ek nie dat dit besonder ernstig is nie. 'n Mens moet ook na oorrol fondse kyk as 'n persentasie van die hele begroting, en ek wil daarop wys dat dit 1,52% van die hele begroting vir die 1999-2000-boekjaar is.

Die agb lid mnr Strachan het ook opmerkings gemaak met betrekking tot die omgewingskommissaris. Ongelukkig glo ek nie dat ek toegerus is om daarop te antwoord nie, en ek is seker dat die betrokke Minister dit by 'n later geleentheid sal doen.

Ek bedank die agb lid mnr Silke vir sy opmerkings, wat baie waardeer word.

Die agb lid mnr Louis het oor die leerproses gepraat, en dit is iets waarvan ek ten opsigte van al my verantwoordelikhede baie ten gunste is. Die enigste wyse waarop 'n mens inligting kan oordra, of dit nou in toerisme of elders is, is om soveel moontlik van die junior personeel wat betrokke is, te bring om te sien wie die lelike Minister is, as 't ware, en vir hulle om te begryp wat in die binnekamer aangaan. Daardie leerproses is belangrik, en veral belangrik is die leerproses met betrekking tot die begroting. Ek waardeer sy vriendelike opmerkings in daardie verband.

Met betrekking tot sy kommentaar oor die Olimpiese projekte, as ek reg onthou van my betrokkenheid, spesifiek wat die konsultante betref, was wat ons slegs aan konsultasiegeld moes betaal 'n bedrag van ongeveer R3 miljoen. Ek hoop my syfer is betreklik akkuraat. Een van die voorwaardes waarop ons dit betaal het, was dat daar geen rente op die konsultasiebedrae betaalbaar sou wees nie. Dit is waarop die drie partye, die Provinsie, die nasionale Regering en die Stad Kaapstad ooreengekom het. Van die geld is dus aan die professionele mense op daardie grondslag uitbetaal, en daar sal beslis geen rente daarop wees nie. Ek is nie in staat om op die balans kommentaar te lewer nie, maar ek aanvaar beslis dat daar hoegenaamd geen rente daarop is nie.

Mnr die Speaker, daar is nie veel meer wat ek kan s nie, anders as om my dank uit te spreek vir die wyse waarop hierdie aangeleentheid behandel is, en ek stel dienooreenkomstig die Tweede Lesing voor.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

TWEEDE WES-KAAPSE AANSUIWERINGS-
BEGROTINGSWETSONTWERP [W13-2000]

(Komiteestadium)

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek stel die volgende begrotingsposte. Is daar enige beswaar?

Begrotingsposte 1 tot 10 goedgekeur.

Bylae, Klousules en Titel goedgekeur.

HUIS HERVAT:

Wetsontwerp sonder amendement gerapporteer.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

WES-KAAPSE AANSUIWERINGSBEGROTINGS-
WETSONTWERP [W1-2001]

(Indiening en Eerste Lesing)

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, die Aansuiweringsbegroting, die tweede van die huidige boekjaar maar die eerste van die kalenderjaar 2001, word vandag ter Tafel gel om goedkeuring van hierdie Parlement vir sekere verder aansuiwerings tot die 2000-01-begroting te verkry. Die goedkeuring word ingevolge die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies, 1999, versoek.

Artikel 31 van daardie Wet maak voorsiening vir die tertafellegging van die Provinsiale Minister verantwoordelik vir finansile aangeleenthede van 'n aansuiweringsbegroting in die Provinsiale Parlement en, spesifiek, artikel 32(2) bepaal die voorwaardes ingevolge waarvan sodanige aansuiweringsbegroting ter Tafel gel mag word. Dit sluit onder meer, in die eerste plek, die bewilliging in van fondse wat tot die beskikking van die Provinsie gekom het, dit is beide van die nasionale Regering en van die Provinsie se eie inkomstebronne. In die tweede plek is daar die benutting van besparings onder 'n hoofafdeling binne 'n begrotingspos vir die bestryding van oorbesteding onder 'n ander hoofafdeling binne dieselfde begroting ingevolge artikel 43, ook bekend as virement. In die derde plek is daar die verskuiwing van fondse tussen en binne begrotingsposte, of om die oordrag van funksies ingevolge artikel 42 te volg.

Die begrotingsaansuiwering wat vandag ter Tafel gel word, is bykomend tot di wat op 17 Oktober 2000 ter Tafel gel is, waarna later as die eerste hersiene begroting verwys word. Laat my toe, mnr die Speaker, om hierdie afwykings van die eerste hersiene begroting te behandel, wat in totaal sowat R263,2 miljoen onder die toepaslike hoofde by die Aansuiweringsbegroting beloop.

In die eerste plek is daar die fondse wat op die nasionale vlak beskikbaar geword het. 'n Totale bedrag van R175,99 miljoen is in die nasionale Aansuiweringsbegroting begroot, wat befonds sal word uit hor as verwagte inkomste wat op die nasionale vlak gen is en vir bykomende onvoorwaardelike bewilligings aan die Provinsie. Di bedrag sal soos volg bewillig word:

* R37, 5 miljoen vir hor as verwagte salarisverhogings;

* R1,2 miljoen vir die verbetering van diensvoorwaardes van senior bestuurders;

* R57,6 miljoen vir ander bestedingsdruk van 'n onvoorsiene en onvermydelike aard. Meer bepaald is hierdie bewilliging gedoen om die Provinsie in staat te stel om groter bestedingsdruk die hoof te bied;

* R11,9 miljoen as vergoeding vir die bykomende koste van brandstof prysstygings en ander inflasionre druk; en

* R67,7 miljoen vir die betaling van diensbonusse - algemeen bekend as 13de tjeks - aan die amptenare wat gedurende die maande Januarie, Februarie en Maart verjaar. Agb lede sal onthou dat voor die verandering van die rel in hierdie verband, amptenare wat gedurende daardie maande verjaar het tot April vir hul tjeks moes wag. Ek is bly om te s, mnr die Speaker, dat hierdie gebruik tot 'n einde gekom het, maar moet ook rapporteer dat die Provinsie nou as gevolg hiervan hierdie bedrae gedurende hierdie boekjaar moet betaal en nie die volgende nie; daarom die afwyking van die 2000-01-begroting.

Behalwe die onvoorwaardelike befondsing van R175,99 miljoen wat so pas uiteengesit is, is bykomende voorwaardelike bewilligings in November 2000 deur nasionale departemente toegestaan ingevolge die Wet op die Verdeling van Inkomste, 2000. Dit beloop R11,2 miljoen, en bestaan uit toekennings om die volgende te steun:

* armoedeverligting en infrastruktuurontwikkeling, R315 000;

* hospitaalrekonstruksie en -rehabilitasie, R2,36 miljoen;

* finansile en personeelbestuurstelselsteun, R7 miljoen; en

* finansile bestuur van maatskaplike veiligheidstelsels, R1,5 miljoen.

'n Negatiewe afwyking op die Begroting, 'n bedrag van R4,3 miljoen, is teweeggebring deur die feit dat die nasionale Regering steeds 'n bepaalde bedrag van voorwaardelike toelaebefondsing tussen regeringsfere moet verdeel, waarvan ons gedeelte in ons jaarlikse Begroting vir grondontwikkelingsdoelwitte opsy gesit is. Ons is daarop gewys, mnr die Speaker, dat die bedrag uit ons bewilligde fondse uitgesluit moet word, met die implikasie dat geen fondse bewillig sal word nie, wat ons noop om hierdie tegniese ommeswaai in ons Aansuiweringsbegroting te maak.

Mnr die Speaker, dit sluit my opmerkings af met betrekking tot die fondse wat aan die Provinsie van die nasionale Regering beskikbaar geword het.

In die tweede plek is daar die fondse wat op die provinsiale vlak beskikbaar geword het. Die Provinsiale Kabinet het 'n aansporingsbeleid, met sekere voorwaardes, vir departemente aanvaar ten einde inkomste-invorderings bo die begrotingsteiken te behou. As 'n mens na die 1999-2000-boekjaar kyk, is ek bly om 'n inkomstebehoud van R60,2 miljoen aan te kondig, en ek wil daardie departemente met hulle prestasie gelukwens.

Die R60,2 miljoen van oorverhaalde inkomste wat gedurende die 1999-2000-boekjaar gen is, is soos volg gedurende die 2000-01-boekjaar aan begrotingsposte bewillig: R125 000 aan Onderwys, vir die aankoop van rekenaartoerusting; R447 000 aan Omgewings- en Kultuursake en Sport, om regskoste die hoof te bied en om die aankoop van biblioteekboeke te finansier; en R59,6 miljoen aan Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme, waarvan die belangrikste elemente hiervan is-

* R1,1 miljoen aan Landbou vir verskeie dienste;

* R1,5 miljoen aan Werke vir algemene provinsiale bouwerk infrastruktuur;

* R36,3 miljoen vir Vervoer vir padbou in 'n poging om ernstige agterstande in algemene padinstandhouding aan te spreek;

* R8,1 miljoen weer eens aan Vervoer vir verkeerswetstoepassing; en

* R12,6 miljoen, ook aan Vervoer, vir die vervanging van staatsmotorvoertuie waarvan die instandhouding as gevolg van ouderdom en die mate waarin dit gebruik is, dit onaanvaarbaar duur gemaak het.

Met betrekking tot die 2000-01-boekjaar, is ek bly om 'n inkomstebehoud van R20,1 miljoen aan te kondig, 'n gedeelte waarvan reeds gen is en die balans konserwatief bereken is. Die Provinsie het ook gedurende die jaar donasies ontvang wat R460 000 beloop het, R167 000 waarvan op Landbou en R293 000 op Gesondheid gerig is. Hierdie bedrae is ingesluit in die syfer van R20,1 miljoen. Die verhoogde afsonderlike begrotingsbewilligings sluit in-

* R2,65 miljoen aan Gemeenskapsveiligheid vir die verskaffing van 'n geslote kringtelevisiemoniteringstelsel in Vanguard-rylaan. In hierdie geval is 'n gedeelte van die casino-bodgeld wat in 2001 ontvang is om - in tweefase-betalings; een gedurende hierdie boekjaar en een gedurende die volgende boekjaar - die installeringskoste van di stelsel te befonds.

* R121 000 aan Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme om voerproduksiekoste te dek. Dit is afkomstig van die verkoop van surplus koring.

* 'n Verdere R16,9 miljoen aan Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme, waarvan die geprojekteerde bronne toenames in motorvoertuig- en dranklisensie-inkomste en die invordering van huur is. Dit word soos volg toegewys: toerismebemarking en die Cape Online-projek, R1,4 miljoen; die herseling en opgradering van paaie, R11,8 miljoen; algemene provinsiale bouwerke, R1,8 miljoen; en opgradering van hospitale en klinieke, R1,9 miljoen.

Mnr die Speaker, dit sluit my opmerkings af oor die fondse wat die Provinsie toegeval het uit die Provinsie se eie inkomstebronne. Saam met die fondse wat beskikbaar geword het van die nasionale Regering, beloop dit R263,2 miljoen wat in die Aansuiweringsbegroting aangedui word.

Aan die begin van my toespraak het ek ges dat verantwoordingdoening vir die verskuiwing van fondse tussen en binne begrotingsposte of om die oordrag van funksies ingevolge artikel 42 te volg, ook binne my bevoegdheid val. 'n Totaal van R40,6 miljoen is van die oordragbegrotingsposte teruggehou en dieselfde bedrag is daarna herbewillig aan die begrotingsposte waarna die funksies geskuif het. Die besonderhede van die begrotingsposte wat geraak word en die bedrae wat betrokke is, word in besonderhede in die Tweede Aansuiweringsbegroting en die meegaande Verklarende Memorandum uiteengesit, maar ek wil herhaal dat die bedrae geen verskil aan die oorhoofse bedrag van R263,2 miljoen maak nie.

Mnr die Speaker, ter afsluiting bedank ek weer eens die agb Premier; my Kabinetkollegas; die Direkteur-generaal; die departementshoofde, en spesifiek mnr Cedric Ismay, die Waarnemende Hoof van Finansies; en die Wes-Kaapse Finansiespan en al die betrokke personeel vir hul ywerige bydrae en steun tydens die voorbereiding van die Tweede Aansuiweringsbegroting vir hierdie boekjaar.

Wetsontwerp vir die eerste maal gelees.

Wetsontwerp na die Staande Komitee oor Finansies verwys.

Die Huis verdaag om 15:35.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

5 FEBRUARIE 2001

KOMITEEVERSLAG:

Verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oor die Tweede Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [W13-2000], gedateer 1 Februarie 2001, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [W13-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om soos volg verslag te doen:

Die Komitee wil sy waardering betuig vir die voorleggings deur provinsiale departemente en wil hulle gelukwens met die gehalte van die inligting wat hulle verskaf het op vrae wat deur Lede gestel is.

Die Komitee wil sy kommer uitspreek dat die bedrae van die oorrolfondse voortdurend vermeerder.

Die Komitee wil verder sy kommer uitspreek oor die vertraging in die aanstelling van die Omgewingskommissaris.

Begrotingspos 2: Provinsiale Parlement

Die Komitee het geen getuienis oor Begrotingspos 2 aangehoor nie.


2008	DINSDAG, 6 FEBRUARIE 2001



	DINSDAG, 6 FEBRUARIE 2001	2007 

